Saturday, October 20, 2007

Lewe met prestasie soos Jesus van jou verwag

Opsomming:

1. Enige iets wat jy graag sal wil bereik is vir jou moontlik om te bereik.

2. Alles gaan oor jou gesindheid; Dit is tot jou eie beswil dat jou gesindheid eers reg is voor God jou seën.
· Nederigheid
· Die efek van hoogmoed veroorsaak skade in jou lewe.
· Jy word nie vergoet vir dit wat jy doen nie, jy word vergoed vir die gesindheid waarmee jy dit doen. Daarom sal jy beloon word as jy mense help sonder voorwaardes.
· Die wil van God maak nie altyd vir ons sin nie, maar dit is wanneer jy God se wil gehoorsaam wanneer jy geseën word met voordele. God se wil is tot jou voordeel al verstaan jy dit nie altyd nie.
· Vir enige aksie is daar ñ reaksie. Dit is onmoontlik dat die een kan plaasvind sonder die ander een.
· Sukses binne christenskap.

3. Hemelse wysheid teenoor aardse en demoniese wysheid.

Inhoud:

Laat Jesus toe om jou persoonlikheid te suiwer, want dan sal Hy jou met meer vertrou sodat Hy jou kan ophef na wat jy verdien. As jy ooit smag na sukses, begin om te lewe binne die beginsels van God. Weisheid begin by die dien van die Here.

1. Enige iets wat jy graag sal wil bereik is vir jou moontlik om te bereik.

b. Sluit jy God in by jou besluite?
c. Hoe graag wil jy dit bereik? As jy niks doen om dit moontlik te maak nie, wil jy dit nie graag genoeg bereik nie!
d. Sorg altyd dat jy naby God bly waar jy ook al gaan en jy kan verseker weet dat jy veilig is by Hom
(By God = Geseënd; Weg van Hom = Onbevoorregd).
e. Bevorder en fokus eers geestelik, want bevordering vir ñ christen kom van God af en nie
van die wêreld af nie.

2. Alles gaan oor jou gesindheid; Dit is tot jou eie beswil dat jou gesindheid eers reg is voor God jou seën.

· Nederigheid

Matteus 20:25 – 28

25. Maar Jesus het hulle na Hom geroep en gesê: Julle weet dat die owerstes van die nasies oor hulle heers en die groot manne oor hulle gesag uitoefen;
26. maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.
27. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;
28. net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.

Wees eers nederig en erken dat jy niks is sonder God se almagtige hand wat in jou lewe eers moet werk nie.

Filippense 2:5
5. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:
6. Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie,
7. maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ñ slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.

As Jesus wat die Seun van God is nederig geleef het voor die helle werel, wie is ons dan om ons hoër as ons medemens aantestel?

En toe Hy as mens verskyn het,
8. het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood,
ja, die dood aan die kruis.

Soms word ons verneder voor mense en dan probeer ons om ons self weer te verhoog bo ons medemens om ons eer te herstel, maar nie Jesus nie, Hy was gehoorsaam deur onder andere te volhard in Sy nederigheid tot in die dood aan die kruis.

9. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is,
10. sodat in die Naam van Jesus
elkeen wat in die hemel
en op die aarde is,
en onder die aarde is,
die knie sou buig,
11. en elke tong sou erken:
“Jesus Christus is Here!”
tot eer van God die Vader.

· Die efek van hoogmoed veroorsaak skade in jou lewe.

God sal nie vir jou kennis gee as jy dit gaan gebruik om ander mense mee seer te maak nie. As jy dit gebruik om mee te spog sodat jy ander jaloers kan maak beskadig jy jou toekoms. God toets ons deur vir ons baie te gee en te kyk wat ons daarmee sal maak en as jy dit wat Hy vir jou gegee het verkeerd gebruik sal Hy dit van jou af wegvat, maar as jy dit reg gebruik sal Hy vir jou vertrou met meer. Ons weet dat ons nie jaloers mag wees nie. As jy ander mense bewistelik jaloers maak is jy soos ñ instrument in die duiwel se hande!
Jakobus 3:15 - 16
Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies,
want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade.
God wil jou omskep in ñ instrument in Sy hande (praat meer hieroor in pint no 3).

Toe ek op skool was, was ek die beste student in my klas. Ek was in HTS Middelburg in klas G2 in metriek. Almal het my altyd kom vra hoe ek dit reg gekry het om so goet te presteer? Dit was vir my elke keer ñ goue geleentheid gewees om die Here se naam groot te maak, maar ek het elke keer die geleentheid laat verby glip. Toe ek uit die skool uit gaan het ek gaan verder swat by TUT Universety of Pretoria (Twané) wat ñ sataliet kampus is in Witbank. Daar het my pinte baie anders gelyk, ek het regtig sleg gedoen en baie vakke gedop. Ek het anders geword na skool, ek het baie meer van myself begin dink en my gereeld met mense vergelyk en probeer dink hoekom ek beter as hulle was. Ek was hoogmoedig ten spyte van my swak pinte. Ek wou mense probeer beïndrik deur die werk wat ek geleer het vir hulle te wys en so erkenning te kry. So het ek erkenning by mense gesoek in plaas daarvan om my lewe op die beginsels van die Bybel te fokus. Ek het agtergekom dat dit die verkeerdste ding was wat ek kon doen en beself dat dit nie ñ manier is waarop God my straf nie, nee, dit is net ñ manier gewees om my gesindheid te kweek. Ek het besef dat ek my gesindheid eers moes reg kry voor God my weer sou vertrou met goeie pinte. Hoe sou ek eer hanteer as ek nog dieselfde mens was? Toe ek eers myself verander het, het dinge eers begin beter lyk vir my pinte. Ek moes eers leer om nederig te word en al die eer aan die Here te gee. Ek moes leer om ander mense te help voor ek weer gestuig het tot op die posisie waar ek weer die beste was in party vakke wat ek gedoen het. Toe het die Here weer stil geword en ek het gewonder hoekom ek so alleen voel asof Hy nie meer daar is nie. Ek het net betyds weer besef dat ek weer die eer verkeerd begin gebruik. Daar word van ons verwag om in alle areas van ons lewens mekaar te dien uit liefde vir mekaar soos ons ons self lief het en altyd die eer vir die Here te gee. Ek het besef om weer gebore te word is om oortegaan na ñ ander leefwyse wat versorg moet word sodat jy ook kan groei in dit wat jy glo. Die Here wil hê ons moet die regte gesindheid (Al die eienskappe en beginsels van die bybel) hê saam met die voordele waarmee Hy ons mee vertrou sodat ons die beste daarvan kan maak. As jy die nuwe voordele waarmee Hy jou vertrou gebruik op die regte manier en so Sy naam verheerlik kan jy verseker weet dat Hy jou met meer sal vertrou. Om dit reg te kry moet jy jou manier van dink verander volgens die beginsels van die Bybel sodat dit God pas.

When you have the desire to master the perfect characteristic or talent you first need to learn how to be humble and to maintain humbleness. Otherwise, even when you succeed, without humbleness you will never be able to hang on to your dreams if they are part of the characteristic or talent you seek. Master the appropriate talents first and prepare for a life of powerful victory. This is impossible without the guidens of the Holy Spirit, amongst allot of other things, he sorts out the order of your priorities, while guiding you to make the right choices. Obedience of his voice will open your ears and in tern open your eyes.

Handhaaf altyd
· Nederigheid,
· Dankbaarheid en
· Opregtheid.

· Jy word nie vergoet vir dit wat jy doen nie, jy word vergoed vir die gesindheid waarmee jy dit doen. Daarom sal jy beloon word as jy mense help sonder voorwaardes.

Jeremia 17:10

Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand,
Ek laat die mens kry wat hy verdien,
Wat hom toekom vir wat hy doen.

God hou nie van ñ skaal wat nie reg weeg nie, wees verseker dat jy altyd vergoed sal word vir wat jy doen. Maar onthou dat jou gesindheid reg moet wees. Moet nie doen om te ontvang nie, God wil ons leer om in liefde te wandel en daarom gaan dit nie oor wat jy doen nie maar dit gaan oor die gesindheid waarmee jy dit doen. Doen jouself die gins en ondersoek die Bybel sodat jy kan agterkom hoe die gesindheid van ñ Christen lyk. Leef dan volgens die christelikke beginsels en begin die seën in jou lewe te erfaar. Die Heilige Gees is vir ons daar om dit vir ons moontlik te maak.

Filipense 4:16 – 19

16. Ook toe ek in Tessalonika was, het julle meer as een maal iets vir my behoeftes gestuur.
17. Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan:
daardeur word julle self ryker.
18. Maar ek het alles ontvang en ek het meer as genoeg. Noudat ek van Epafroditos ontvang het wat julle gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Julle gawe is voor God ñ offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig.
19. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.

· Die wil van God maak nie altyd vir ons sin nie, maar dit is wanneer jy God se wil gehoorsaam wanneer jy geseën word met voordele. God se wil is tot jou voordeel al verstaan jy dit nie altyd nie.

Met die regte gesindheid kom al die voordele wat jy nog altyd begeer het. Maar dit alles begin met die manier hoe jy dink. Verander die manier hoe jy dink en jou lewe sal verander.
ñ Baie effektiewe manier om positief te bly tussen al die negatiewe mense rondom jou is om hulle anders te oorreed, want glo my, jy gaan hulle tee kom en jy gaan nie almal kan ignoreer nie. Gebruik dit eerder as ñ geleentheid. Sien dit as een van die grootste geleenthede wat jy kan kry, as jy mooi daaroor gaan dink is dit amper beter as wat jy die LOTTO wen. Kom ek verduidelik: Jy kan uit die hele situasie baie baat. Die persoon wat jou hulp nodig het, moet hom nie weg wys nie want dan is dit net so goed jy gooi jou LOTTO kaarkie in die water (moet asb. nie LOTTO speel nie ek gebruik dit net as vergelyking, sal later meer oor LOTTO praat). Daar is altyd twee kante van ñ saak; die een kant is positief en die ander is negatief. Die persoon wat na jou toe gekom het, fokus net op die een kant (negatiewe kant) van die saak en dis iets wat hy onder jou aandag gebring het. Nou, as jy hom gaan ignoreer of weg wys is dit soos ñ negatiewe saaikie wat hy gesaai het by jou en dit sal by jou ook begin groei as jy nie iets daaraan doen nie.
Die beste manier om die negatiewe saaikie uit jou gedagtes te kry is deur te soek na die positiewe kant van die saak en daar is nie ñ beter manier as om daardie persoon ook so te oortuig nie. Hoe groter die uitdaging is om hom anders te oortuig hoe groter is die beloning wat jy sal ontvang as jy dit reg kry om sy denke te verander. Maar as jy hom nie oortuig nie is die moontlikheid daar dat jy eendag deer ñ soortgelyke situasie kan gaan en dan sal jy dalk nie genoeg daarvoor voorgeberyd wees nie. Dit is nou maar net my opunie, maar ek glo dat God sulke mense op ons pat stuur sodat ons iets daardeur kan leer en so ook onself versterk en voor te bery vir die toekoms sodat ons dan sal kan onthou dat daar altyd iets positief weg kruip agter elke negatiewe situasie. Deur ander te help versterk jy eintlik jouself. Want deur ñ verskil in mense se lewens te maak, word jy voorbery vir die toekoms van jou eie lewe. As hulle kla oor iets negatief, wys vir hulle die positiewe en sit moeite in om wie dit ook al mag wees te oortuig dat die situasie nie negatief is nie. Meeste mense sê altyd dat mens weg moet bly van negatiewe mense af, maar dit is slegs waar as jy al probeer het om sy gedagtes positief te verander en dit nie reg gekry het nie. Wees dan versigtig as hy probeer om jou te oortuig dat die situasie negatief is, in so ñ geval moet jy maar so vinnig moontlik by hom weg kom en daar is niks daarmee vout nie, want jy het jou kant gebring om hom te oortuig en jy beskerm net jouself van die negatiewe saad wat hy saai (Om voor die TV te sit en na negatiewe komentaar te luister is vir moeilikheid soek en in so ñ geval is jou beste verdediging om oor te sit na ñ beter kanaal of heeltemal af te sit). As jy probeer het om iemand positief te oortuig en dit nie regkry nie het jy die negatiewe saaikie darm vernietig in jou eie lewe, maar onthou net een ding; Hoe harder jy probeer om so ñ persoon te oortuig, hoe meer bery jy jouself voor vir die moontlikheid dat jy in dieselfde situasie kan beland as die persoon vir wie jy probeer help het. Die duiwel probeer ons so veel soos wat hy kan weg te hou van die seën wat ons kan ontvang deur ons te laat glo dat negatiewe mense mens aftrek. Dit is net waar as jy hulle toelaat om dit te doen. Onthou, een van die christelikke eienskappe is standvastigheid en dit is ñ eienskap waarmee God sy kinders seën, daarom het ons die mag om negatiwiteid tee te staan. Sorg jy net voor jy by so ñ persoon weg gaan dat jy oortuig is van jou positiewe mening oor die saak al stem die persoon nie met jou saam nie, solank jy anders oortuig is is jy veilig en as jy omgepraat is deer die persoon gaan praat met ñ ander christen met meer ondervinding of word stil voor God en redineer baie versigtig oor die saak. Wees dankbaar as jy die geleentheid kry om iemand se lewe positief te beïnvloed, want as jy die geleentheid kry om die positiewe in so ñ geleentheid raak te sien getuig dit van die grootheid van ons God.
Sien elke negatiewe persoon wat jy tee kom as ñ geleentheid om te groei in jou geloof deur hom te verander, want deur sy denke te verander versterk jy jou denke. Eendag loop jy hom weer raak en dan versterk hy jou weer en herhinner hy jou aan jou eie woorde. Prediker 11:1: Werp jou brood uit op die water, want ná verloop van baie dae sal jy dit vind. Hierdie versie kan jy gerus bêre in jou geestelikke tool box (jou hart), want jy sal sien dat jy dié vers nog baie gaan gebruik in die lewe.
Filipense 2:3 - 4
Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.
Verander die wereld rondom jou en jy sal sien dat jy in die proses jouself ook verander.

· Vir enige aksie is daar ñ reaksie. Dit is onmoontlik dat die een kan plaasvind sonder die ander een.

As jy biekie kennis het van gemie en jy gooi twee verskillende vloeistowe bymekaar, maar daar is nie ñ gemiese reaksie nie kan jy verseker weet dat daar ñ ander reakiesie plaasvind. Dalk is dit ñ emosionele reaksie, wat glad nie enige iets te doen het met die twee vloeistowe nie en dalk sal jy anders optree op verskillende reaksies van die vloeistowwe. Maar wees verseker dat daar altyd ñ reaksie sal wees al is dit nie altyd die reaksie waarvoor jy gehoop het nie. Kom ons vat ñ voorbeeld. As jy ñ wetenskaplikke is en die reaksie op die eksperiment is suksesvol sal jy kan aangaan na die volgende stap van die eksperiment. Maar as die eksperiment muslik sal jy dit weer moet oor doen tot die eksperiment slaag. As jy met die eksperiment iets wil beryk moet jou reaksie op die eksperiment reg wees. Jy kan nie aangaan met die eksperiment as die reaksie misluk nie, dit is onmoontlik. Ons lewens is soos die eksperiment en ons is in beheer van die eksperiment en die Bybel is die handlyding wat vir ons wys hoe om die eksperiment suksesvol uit te voer. Elke opdrag wat in die Bybel vir ons gegee is het sy eie voordeel (reaksie) as jy die opdragte korek gebruik. Hier is net een van die voorbeelde wat ek kan gebruik: Alles wat jy doen en sê sal na jou toe trug keer. Dit is asof jou optrede trug weerkaats na jouself toe. As jy goet is vir ander mense sal hulle vir jou goed wees.
Wanner jy ander mense te na kom sal hulle jou te na kom en so kan ek aangaan.
Die Bybel leer ons om die regte gesindheid te kweek en daardeer kan ons voordeel trek en deer ons optrede word ons geseën. Jy sal nie die waarde van die beloning besef nie, nie voor jy eers gehoorsaam is nie. Ek weet dat een van die belonings van gehoorsaamheid die gawe is om dinge raak te sien wat min mense sien. Die Bybel en die lewe sal vir jou wees soos ñ boek wat toe gesluit was wat vir jou oopgesluit word om uit te leer en dit wat jy leer help mens niks as jy nie dit kan toepas nie (Heb 13:20 – 21). Goet gaan aan jou bekend gemaak word maar dit gaan nogsteeds jou besluit wees of jy dit wil gebruik. Jy het altyd die keuse, jy is klaar geseën met voordele, dit is jou keuse of jy die voordele wil aangryp of wegstoot.

· Sukses binne christenskap:

Hebreërs 11: 6

As ñ mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.

Wanneer jy as christen getrou bly teenoor die beginsels van die Bybel sal jy ñ finominale oorvloed van seënninge in jou lewe ervaar.Een van die mees algemeenste voute wat ons maak is om na die hand van ons Vader te soek, in plaas van vir Sy gesig.
Daar is niks daarmee verkeerd nie, maar as dit al is wat ons doen, wanneer gebruik ons die tyd om Hom te leerken? Leerken ons regtig ons Vader in die hemel? Strewe daarna om Hom tevrede te stel, want dit kan jy slegs doen soos jy meer van Hom leer en soos jy meer van Hom leer groei jy ook geestelik. Soos ons groei begin ons later verstaan dat dit wat die Vader vir ons gee ook noodsaaklik is al wil ons dit nie altyd aanvaar nie.

Hebreërs 12: 1 – 3

Die oog moet op Jesus gevestig wees (dan sal ons nie geestelik moeg word nie).
1. Terwyl ons dan so ñ groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop,
2. die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.
3. Hou Hom voor oë wat so ñ vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.

Soms gebeur daar dinge in die lewe wat niemand kan verstaan of kan verklaar nie,
maar onthou net een ding; jou Hemelse Vader het die Hemel en aarde gemaak en Hy sal jou nie laat struikel nie, want dit wat Hy vir jou beplan sal ten goede mee werk vir jou onthalwe. Geen menslikke wysheid geld by God nie, daarom moet jy nie vir God bevraagteken nie en altyd in dankbaarheid voor Hom staan en glo dat Hy altyd daar is om jou te verlos van jou probleme. Gaan lees gerus die hele hoofstuk van Hebreërs 11 wat geloof is, want geloof is ñ vereiste sodat jy dit kan ontvang wat jy glo.
Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig is.
Volg eerder die instruksies van die Bybel, want die grootste sukses wat jy kan behaal is om siele vir die Koninkruik van die Hemel te wen.

3. Hemelse wysheid teenoor aardse en demoniese wysheid.

Jakobus 3:13 – 18

13. Is daar ñ wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid getuig.
14. Terwyl daar bittere naywer en selfsug in julle harte is, moet julle nie daarmee spog dat julle wysheid het nie, want dan praat julle nie die waarheid nie.
15. Dié soort wysheid kom nie van Bo nie, maar is aards, sinlik, demonies,
16. want waar daar naywer en selfsug is, kom daar wanorde en allerhande gemene dade.
17. Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig en opreg.
18. Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak.

ñ Wyse persoon se optrede, gedagtes en gesindheid teenoor sy medemens is rein
en lewe binne die beginsels van die Bybel, daarom begin wysheid by die dien van die Here.
Wanneer jy strewe na die regte verhouding met God moet jy ook strewe na die regte tiepe wyseid. Daarom moet jy die volgende eienskappe ontwikkel (vers 17):
· Wanneer jy iets vir iemand doen of gee moet dit wees sonder bybedoelings.
· Maak die eienskappe deel van jou karakter, wees :
o Vredeliewend,
o Inskiklik,
o Bedagsaam,
o Vol medelye en goeie vrugte,
o Onpartydig en opreg.

Wanneer jy werklik ñ goeie verhouding met God soek sal jy werk maak van bg. pinte en dit deel maak van jou lewe.